Die Grensoorlog in ons binnekant deur Klasie Steenkamp met nawoord deur Riekert Botha
ISBN:978-0-9870154-1-9
“Dit was soos ’n geweerskoot in die nag. Die teiken is getref – op meer as een manier … Die bloed het in my ore gesuis … ‘U seun, Wouter, is dood.’ ”
Die lekkerste perske is ‘n vy
Die lekkerste perske is ‘n vy deur Anne-Ghrett Erasmus
ISBN: 978-0-9814408-5-9
In hierdie debuutbundel met die teenstrydige, poëtiese, titel nooi Anne-Ghrett Erasmus die leser uit om saam met haar deur haar verwoordings van haar werklikheid te loop.
Die pad loop vanaf die maak van die gedig, en die skeppings van die groot meesters op wie se maat sy die woord gevind het. Jy sien ook die natuur, herinnerings aan klein dorpies en gewyde plekkies, soos geteken uit die oog van die skilder.
DIE MAN deur Pienkes du Plessis
Die MAN teken in vyf sketse ’n vreemde, afsydige wêreld van mense en plekke en omstandighede wat vaagweg aan laasnag se drome herinner. Maar drome vervaag reeds vroeg-oggend en die vyf verhale bly nog lank in ’n mens se kop rondmaal.
ISBN: 978-0-9870154-3-3
Size: 220mm x 150mm
Language: Afrikaans
Availability: September 2012
e-Book: To Be – How to find the meaning of your life
ISBN: 9780987015464
To Be – How to find the meaning of your life by Dr Hennie J. de Villiers
Nowadays our restless materialistic lives are so much compounded by violence and moral predicaments that more and more people are asking:
What am I living for?
In this book the guidelines of Viktor Frankl’s Logotherapy are used to help the reader to find the meaning of his life and to put it into practice. It is Frankl’s firm belief that every person is unique and has unique tasks to fulfil on planet Earth.
When you come to fulfil your life’s meaning you shall:
- Discover your spiritual self
- Fulfil your dreams and ideals
- Practise a career that you love
- Discover your life’s tasks
- Improve your relationships with people
- Experience real peace and happiness
- Create success in your life
EK KEN JOU deur Pienkes du Plessis
Hierdie boek is ‘n treffer wat jy nie sal kan neersit nie! Dis spannend van begin tot einde - Ampie Coetzee
Die spanningsverhaal volg ‘n hoogs ongewone patroon en ons kry te doen met twee “ekke” wat vertel: die slagoffer en die moordenaar. Wilhelm, verbete om te bly leef, en sy moordenaar net so verbete om te moor. Die intrige word daarop gebou en met Wilhelm se kleurryke romanses verweef, as die groot liefde uit sy verlede onverwags opduik.
Pienkes du Plessis ken binnewerkinge van die sakewêreld, die wêreld van groot geld, van markte, aandele, presies hoe die leefwêreld van rykes lyk… Hy beskik ook oor ‘n gespesialiseerde kennis van gewere, gooimesse, motors, jagtogte, die woestyn… Dit alles gebruik hy om ‘n spannende boek te skryf wat jou van bladsy tot bladsy vasgenael sal hou
Size: 220mm x 150mm
Number of Pages: 275
Language: Afrikaans
Availability: September 2012
Ek Leef van Vrugte – Vandag
ISBN:9780981440828
Ek leef van Vrugte – Vandag deur Essie Honiball, geredigeer deur Johan Nel.
Na soveel herdrukke en verwerkings sedert 1979, word die ikoniese boek Ek leef van Vrugte, in die 2010 weergawe heeltemal hersien en bygewerk onder die bekwame redigering van Essie se jarelange vriend, Johan Nel. Johan het in 1979, toe geen ander uitgewer Ek leef van Vrugte wou uitgee nie, die eerste keer die boek gepubliseer. Die res is geskiedenis.
Verskeie herdrukke het deur die jare gevolg en hierdie nuwe 2010 uitgawe, word nou in verskeie afdelings verdeel: die rol van die vroeë Pioniers wat saam met Essie hierdie opwindende dieet help ontwikkel het. Hulle verhale word telkens aangevul deur Essie se 2010 – kommentaar op hulle doen en late van baie jare gelede.
Daarna is daar insette deur die nuwe generasie, wat Herma Loubser se inspirerende verhaal, en ook die van ander Hokaaiers van vandag insluit. Daar is ook in hierdie deel verhale van hoe mense in Amerika, Engeland en Europa hierdie opwindende dieet ervaar.
Ten slotte word daar wetenskaplik na die voordele van die vrugtedieet gekyk deur die bekende mediese navorser Dr. Dawie van Velden
Essie Honiball – Die Ontwaking
ISBN:9780981440835
Essie Honiball – Die Ontwaking deur Anoeschka von Meck.
Teen ‘n agtergrond waar Essie in die Vrystaat grootgeword het, ervaar die leser saam met haar verhoudings wat ‘n impak op haar lewe gemaak het – haar eerste man, Cornelius de Villiers-Dreyer, ook bekend as Cosmo, wat haar gehelp het om met ‘n vrugtedieet te begin, en haar stimulerende tewe saam met haar tweede man, die bekende spotprenttekenaar, T.O. Honiball. Die boek fokus veral op die spirituele ontwaking wat Essie toenemend in haar lewe ervaar het en die impak wat die vrugtedieet op haar fisiese en geestelike welsyn gehad het.
From Malan tot Mbeki
Title: From Malan tot Mbeki
Subtitle: The memoirs of an Afrikaner with a conscience
Author: Jannie Momberg
ISBN: 9780981440880
Publication date: November 2011
Size: 153mm (w) x 234 (h)
Number of pages: 225
“I worked for the NP and voted for it for 30 years of my life. However, I crossed my Rubicon. When I did so, it was with my heart as well as with my mind. I admitted my guilt and apologised for it.” Jannie Momberg – 1997.
Some people said he was a traitor of the Afrikaner politics. Others regarded him as a courageous senior politician who was willing to relinquish the National Party (NP), to embrace and help build the New South Africa.
In this book, Jannie Momberg takes the reader on a fascinating journey, filled with humorous anecdotes in his famous tell-it-like-it-is style. It tells of his early days as member of the NP when he was influenced by Afrikaner leaders like DF Malan, John Vorster and PW Botha and of his breakaway to the Independent Party and the subsequent forming of the Democratic Party in the late 1980’s when he fulfilled his life-long ambition to become a Member of Parliament.
Jannie was not only a senior politician, he was also a legendary sport administrator and manager of the world famous barefoot athlete Zola Budd.
Soon after he wrote the last chapter for this book, Jannie Momberg passed away on 7 January 2011.
Teach your child to swim
ISBN: 9780981440873
With many years experience, the dynamic mother-and-daughters trio – Sasha, Denise and Madelein will guide you, in a fun-filled manner, to teach your child to swim.
This practical book is packed with step-by-step instructions, lesson plans and detailed descriptions of activities to enable you, as parent, to teach your child how to swim.
With beautiful illustrations by Grethe Rosseaux, this book is a must for every home.
Teach your child to swim – Colouring book
ISBN: 9780987015402
As part of the “Teach your child to swim” series, this beautiful 32-page colouring book features some of the pictures from the book Teach your child to swim.
With fun-filled pictures to entertain and educate your youngster, your child can learn and be excited about this important life skill – swimming.
Veertjies in die Wind
Veertjies in die Wind is die debuutdigbundel van die alombekende Dirk Hattingh.
Die digbundel is presies wat op die voorblad staan: Veertjies in die Wind. Dit gebeur nêrens dat veertjies netjies gerangskik op die plaaswerf of op die grasperk van die stadsplein rondlê nie. Ook nie die gedigte in hierdie bundel nie.
Die gedigte strek oor ‘n tydperk van meer as tagtig jaar. Om die rede is daar gedigte uit die vroegste jare van kindwees, die jare tussenin met vele belewenisse, en eindelik die ongemaklike gevoel wanneer jy op die plaaswerf die lang sipresse om die kerkhof sien. Jy weet dit elke dag, die uurglas loop uit. Jy vertel ewe vroom dat jy gereed is om te gaan, maar jy weet dit baie goed, jy is gladnie haastig om te gaan nie.
Gedigte rondom ‘n bepaalde tema sou moontlik meer in die smaak van die puriste val. Daarvoor ontbreek die tyd eenvoudig.
Rondom ons sal daar altyd ‘n veertjie wees wat in die lug rondsweef, totdat dit uiteindelik sy lêplekkie kry.
Vlam uit die Vlaktes
ISBN:9780981440811
Vlam uit die Vlaktes saamgestel deur Pieter Strauss
Vlam uit die vlaktes is ‘n keur uit die pen van Emanuel de Roubaix, wat deur Pieter Strauss saamgestel is. Die boek bevat ook interessante verklarings van uitdrukkings en beskrywings van plekname wat in die boek gebruik word, wat eie aan die Boesmanland is.
Updating…
